TestamentOngetroudV002 T E S T A M E N T Ek, die ondergetekende, ............... {(GEBORE ............... )}, {ongetroud} {weduwee} {wewenaar}, identiteitsnommer ............... , en tans woonagtig te ............... maak hiermee my testament as volg: 1. Ek herroep hiermee alle vorige testamente en kodisille. 2. {Ek bemaak vooraf my Merida EVO Special padfiets aan my vriend genaamd ............... met identiteitsnommer ............... } 3. Ek bemaak {die restant van} my bates aan my {ouers/ pa/ ma} genaamd ............... {en ...............} met identiteitsnommer{s} ............... {en ...............} indien {hulle/hy/ sy} wel my oorlewe ten minste 30 dae na my dood. Andersins bemaak ek {die restant van} my bates aan my benoemde broers en susters wat my oorlewe ten minste 30 dae na my dood, {met die voorbehoud sou enige benoemde broers en susters my nie so oorlewe nie maar wel kinders in lewe het ten minste 30 dae na my dood gaan die spesifieke oorlede broer of suster se deel oor na sy of haar kinders.} My benoemde broers en susters se name en identiteitsnommers is onderskeidelik ............... ............... , ............... ............... en ............... ............... {Indien my broer genaamd ............... wel persoonlik een van die erfgename is, bepaal ek dat my plaas genaamd Gedeelte 1 van Roggefontein groot 2051 hektaar gehou ingevolge titelakte T1085/1998 ingesluit word in sy gedeelte. Verder bepaal ek dat genoemde plaas waardeer word teen R300 000 slegs vir doeleindes van berekening van erfgename se gedeeltes}. 4. Ek bepaal dat inbring uitgesluit word, dus sal enige bates reeds voor my dood verdeel die nuwe eienaars se eiendom bly. 5. Bates wat nie direk aan minderjarige begunstigdes oorgedra mag word nie, moet oorgedra word na die begunstigde se Natuurlike Voog. Sodanige Natuurlike Voog mag die bates en opbrengs daaruit na goeddunke aanwend tot voordeel van die begunstigde. 6. Ek versoek hiermee die administrateurs van enige van my lewensversekeringspolisse en aftree-fondse om uitbetalings wat nie direk aan minderjarige begunstigdes gedoen mag word nie, uit te betaal aan die begunstigde se Natuurlike Voog. Sodanige Natuurlike Voog mag die bates en opbrengs daaruit na goeddunke aanwend tot voordeel van die begunstigde. 7. Ek bepaal dat geen direkte of indirekte voordeel kragtens hierdie testament verkry, deel sal uitmaak van enige gemeenskaplike boedel waarvan die gemelde bevoordeelde 'n deelgenoot mag wees of word nie, maar dat sodanige voordeel en alle verdere bates daarkragtens verkry die afsonderlike en uitsluitlike eiendom van die betrokke bevoordeelde sal wees en bly. Ek bepaal verder dat die aanwasbedeling ingevolge die Wet op Huweliksgoedere van 1984, of enige latere wysigings aan hierdie Wet, nie op enige voordeel kragtens hierdie testament verkry, van toepassing sal wees nie. 8. Ek benoem as Voog of Kurator van my begunstigdes, indien sodanige aanstelling nodig mag wees, een van die volgende persone soos gelys in volgorde van voorkeur: my pa genaamd ............... , my ma genaamd ............... of SG de Wit van KOL Accountants BK. Sodanige Voog of Kurator mag die bates en opbrengs daaruit na goeddunke aanwend tot voordeel van die erfgenaam. 9. Ek benoem as Eksekuteur van my boedel een van die volgende persone soos gelys in volgorde van voorkeur: my pa genaamd ............... , my ma genaamd ............... of SG de Wit van KOL Accountants BK. 10. Ek verleen hiermee aan my Eksekuteur die mag van assumpsie, dus mag my Eksekuteur ‘n mede-eksekuteur benoem. 11. Ek bepaal dat my Eksekuteurs, en die Natuurlike Voogde sowel as die benoemde Voogde en benoemde Kurators wat bates uit my boedel namens begunstigdes in ontvangs neem of dalk mag neem, nie verplig sal wees om sekuriteit te verskaf aan die Meester van die Hoë Hof vir die behoorlike uitvoering van sy pligte in terme van hierdie testament nie. 12. Vir die uitleg van hierdie testament, tensy die samehang van woorde andersins dui, verwys woorde wat manlik aandui ook na vroulik en die enkelvoud ook na die meervoud. Geteken te ............... op ............... , in die teenwoordigheid van die ondergetekende twee getuies wat albei in my teenwoordigheid en in die teenwoordigheid van mekaar geteken het. {TESTATEUR} {TESTATRISE}. _____________________ GETUIE 1. _____________________ GETUIE 2. _____________________ {vee uit indien nie van toepassing nie}